top of page

Hoe maak ek 'n betaling?

Betalings kan deur 'n elektroniese oorbetaling gedoen word. Ons bankbesonderhede sal gestuur word via e-pos sodra jy jou bestelling voltooi het. Daarna moet jy jou bewys van betaling aan ons WhatsApp of e-pos.

Hoe lank sal ek wag vir my bestelling?

Digitale produkte: Sodra ons die bewys van betaling ontvang het.

Hardekopie produkte: Sodra jou bewys van betaling ontvang is, word jou bestelling gedruk. Die wagtydperk hang af van die hoeveelheid bestellings wat ons tans het. Hardekopie produkte neem ongeveer 10-15 werksdae om gemaak te word.

Word die muurkaarte wat ek bestel het gelamineer?

Alle hardekopie produkte wat jy by Krulkopkaleidoskoop koop, word in kleur gedruk en gelamineer.

Wat is julle beleid rakende terugbetalings of as ek die verkeerde produk gekoop het?

Ons het 'n "no refund or return policy". Dit beteken ons betaal glad nie bestellings terug nie - nie op digitale of hardekopie bestellings nie. Produkte kan ook nie omgeruil word nie, dit is jou verantwoordelikheid om seker te maak dat jy die korrekte produk koop.

Is julle produkte digitaal?

Ons het digitale produkte. Dit word beskikbaar gestel sodra ons jou betalingsbewys ontvang het. Hierdie produkte is in pdf formaat. Ons het ook hardekopie produkte, dit word gemaak en dan vir jou gepos deur die koerieropsie wat jy kies.

bottom of page